30 Nagte in Amsterdam

Out of stock
SKU
3394
R65.00
Quick Overview
30 Nagte in Amsterstam is die verhaal van Henk de Melker, museum-assistent van Somerset-Oos wat na Amsterdam moet reis, omdat hy die huis van sy lankverdwene tante Zan geërf het. *As new*
Login to earn BookBucks for sharing!
Zan. Sy’s ’n pragtige maar eksentrieke vrou, ook bekend as Xan met die onverwagse toevalle of Xusan met die geheimsinnige glaskamer. Sy’s die Susan met die onstigtelike erotiese drif. As aktrise en politieke aktivis het sy ’n voorliefde vir vreemde vriende, soos die rolprentmaker Cecil Dimaggio en die straatmusikant Manuel D’Oliveira. Henk de Melker, museumassistent in ’n klein Oos-Kaapse dorpie, ontvang onverwags ’n brief van ’n juris in Amsterdam waarin hy ingelig word dat sy lankverdwene Tante Zan haar huis in dié stad aan hom nagelaat het. Hy, “Henk Ekskuus”, is ’n voetjie-vir-voetjie-navorser, die skrywer van dun boekies waarin die lewens van onmerkwaardige mense opgeteken word – soos die beoogde een oor Cornelius van Gogh, die onbekende broer van Vincent en Theo, wat in Suid-Afrika begrawe lê. Henk reis na Nederland om sy erfporsie op te eis; terselfdertyd wil hy verdere navorsing oor Cornelius van Gogh doen. Hy moet besluit of hy permanent wil emigreer of nie, noudat hy eienaar word van ’n woning in Amsterdam. Mettertyd word hy ingesuig in die maalstroom van die gragtegordel met sy sakkerollers, prostitute en straatmusikante. Sy ervaringe in die binnestad konfronteer hom ook opnuut met sy kinderjare – saam met Tante Zan in die huis van sy ouma – en die invloed wat sy avontuurlike tante ná al die jare steeds op sy lewe het. Want deur alles wat van hom weggesteek is, eindelik oop te vlek, leer Henk de Melker homself opnuut ken. Die dertig nagte wat hy in Amsterdam deurbring, verander sy besadigde lewe onherroeplik. *As new*
More Information
AuthorEtienne van Heerden
PublisherTafelberg
PlaceCape Town
Year2008
ISBN9780624047070
BindingPaperback
ConditionAs New
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.