Pleisters vir die Siel 2
Riekert Botha is 'n juweel wat nie gekluister is aan die dogma van een instansie nie, maar wêreldwys is, ...sy liefde vir God is opvallend ...hy het al 'n lang pad met sy geloof geloop, 'n pad van stry en weer stry, vra en aanvaar. Die deernis en oortuiging van sy gesprekke, soos op RSG in Brekfis met Derrich, het al vir baie mense nuwe denkrigtings oopgemaak wat hulle nie geweet het bestaan nie.
Soveel mense het vrae en onopgeloste kwellings en seer oor geloof. Kwessies krap mense om, en met Pleister vir die Siel word daar gepoog om die pyn van die lewe en sy gebeure meer draaglik te maak en mense hoop te gee vir hulleself, die toekoms en hulle geloof.
Riekert Botha is die pastoor van die Baptiste Gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BA.Th (honneurs) van die Global University en ‘n MA.Th van die Northwestern Theological Seminary, waar hy tans besig is met sy Ph.D (berading).
Hy is getroud met Pippa (sy vrou vir sewentien jaar). Hulle het drie kinders: Christiaan, Willem en Katelyn.
Riekert begin sy voltydse bediening in 1991 na 'n tydperk van intense worsteling met God en met geloofsake. Uit hierdie worsteling is 'n honger na die waarheid en 'n egte verhouding met God gebore. Na sy bediening as Jeugleier in die Logos Baptiste Kerk in Bellville, het Riekert en Pippa 'n uitnodiging van CBN aanvaar om as sendelinge in die Oekraïne te gaan werk. Na vyf jaar in die Oekraïne het hulle die roeping na hulle huidige gemeente in Vredendal aanvaar.
Author | Riekert Botha |
---|---|
Publisher | Naledi |
Place | Tygervallei |
Year | 2010 |
ISBN | 9780620461733 |
Binding | Paperback |
Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.