Stiltetyd

R36.00
Out of stock
SKU
21501
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Die almanak in die kombuis kondig die lente aan, maar al wat Hester Human raaksien, is stof en bourommel. 'n Dump, verwyt sy Andre, haar argitekman. Dit was sy idee, sy projek vir hulle Jaar in Provence. Die droom het in 'n nagmerrie ontaard toe haar vyfjarige dogtertjie, Manon, noodlottig gewond is tydens 'n skietvoorval in Kaapstad - enkele weke voor hulle vertrek na Frankyk. En so sukkel elkeen in die vreemde met sy eie swaarkry - Emile - haar dertienjarige seun - smelt al meer weg in die dik klipmure van die huis, om so min as moontlik moeite vir enigiemand te wees. Die koue Europese winter vra groot aanpassings - om blerrie handskoene soos 'n meisiekind te dra, om met 'n paar Franse woorde 'n internasionale skool in Avignon by te woon. Maar die moeilikste is om met die selfverwyt saam te leef dat hy nie sy sussie beskerm het teen die aanvallers nie. Andre stort al sy energie in die restourasieprojek en sak al dieper weg tussen die sakke sement, vragte vloerteëls, skroewe en spykers en planke en pype. En Hester? Sy word al stiller en meer afwesig. Haar enigste twee gespreksgenote is Manon, haar vyfjarige lieflingkind, wat nog net in haar gedagtes voortleef. En Myriam Soro van die Demokratiese Republiek van Kongo vir wie sy briewe skryf. Van haar het Hester in 'n Franse koerant gelees. Die foto vertoon 'n jong gesig, maar swart gate waar haar oe moes wees. Barbaars, het die media dit uitbasuin, dat sy haar twee dogters vermoor het toe sy nie langer vir hulle kon sorg nie. Maar in die gedeelde hartseer vind Hester verligting. Dink aan Myriam, se sy vir haarself. Dink aan Myriam Soro en tel jou seeninge. Jy sit miskien in 'n hool van 'n huis, slaap op die vloer en stik aan stof as jy koffie drink. Maar jy kan hier uitloop as jy wil. G'n tralies om jou te keer nie.

More Information
AuthorMarita Van der Vyver
PublisherTafelberg
PlaceCape Town
Year2006
ISBN9780624044321
BindingPaperback
ConditionGood
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.