Ena Murray Omnibus 20: Die Meisie van Klaradynstraat; Die Pad Terug Huis Toe; As Die Lied Verstil
Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie. Selfs in die mees vooraanstaande huise is daar geheime onderstrominge en hartseer. Toe Owen Kemp by die spesialis hoor dat sy dogter se pynaanvalle deur 'n diep ongelukkigheid veroorsaak word, is hy verbyster. Isobel het dan alles wat haar hart begeer en staan boonop op trou met die geniale dokter Markus Richter! Maar Elsa weet die diagnose is korrek, want sy ken Isobel se geheim, sy weet van Jakob Olwage.
As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal op die dorpie ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en 'n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van 'n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge behoorlik los, want Chrissie van Dennedal word Christine van Johannesburg. Intuisie vertel haar ouma dat daar wel 'n dag sal aanbreek dat Chrissie sal wil terugvlug na die rustige vallei van Dennedal.
Die pad terug huis toe wentel om 'n traumatiese tydperk in die lewe van Karina Oosthuizen, gesogte en pragtige topmodel. 'n Grusame motorbotsing laat haar blind en verlam, en eensklaps weer totaal afhanklik van 'n gepensioneerde moeder wat sy al byna afgesterf het. Sy, wat daarna gesmag het om heel bo uit te kom, moet aanvaar dat sy net een heenkome het – die pad terug na die armsalige skakelhuisie waarop sy so neergesien het. Maar onverwags is daar iemand wat haar en haar moeder 'n toevlug bied in 'n pragtige wit huis by die see – perfek ingerig vir 'n persoon in 'n rolstoel. Sal Karina se trots haar toelaat om daar te bly as sy weet dat De Waal Venter die weldoener is – die seun wat sy as kind so verneder het en met wie sy nie wou assosieer nie?
| Author | Ena Murray |
|---|---|
| Publisher | Jasmyn |
| Place | Cape Town |
| Year | 2008 |
| ISBN | 9780624047001 |
| Binding | Paperback |
| Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.


