Ettie Bierman: Keur 10
In Die snip van Sesdorings kom ʼn beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam van Hennie Vermaak, wat sy saam met ʼn stowwerige plaasbiblioteek van haar oupa geërf het, op Sesdorings aan om besit van haar erfenis te neem en begin die vonke behoorlik spat. Voor haar koms het sy immers geweet van die vete tussen haar oupa en die Meirings op die buurplaas . . . En ook dat die spul Meirings haar oupa behoorlik laat les opsê het. En wat kon hy, ʼn arme ou man, doen om hom te laat geld? Natuurlik moes hy maar af en toe op sy eie manier vir hulle wys hoe die vurk in die hef steek. Nie alleen wou Hennie van haar erfenis ʼn klinkende sukses maak nie, maar ook wou sy die onreg teenoor haar arme, weerlose oupa uitwis. Aanvanklik slaag sy in haar doel – maar dit is voordat die sjarmante Donnie Meiring op die toneel verskyn en die strydbyl begrawe. En veral voordat sy ouer broer, Carl, wat niks met enigiemand wat ʼn rok dra te doen wil hê nie, sy ware kleure wys.
In Rabbedoe en rissiepit is Nell al een-en-twintig jaar oud en as sy besluit sy wil motorwerktuigkundige word, moet haar ouers maar verlief neem. Nell se reis na haar nuwe werk is vol wederwaardighede, maar sy leer nie maklik nie. ʼn Rissiepit, sy, maar ook hardekop! Gedurende daardie veelbewoë rit ontmoet sy iemand wat ʼn groot rol in haar lewe sou speel, maar sake verloop volgens niemand se plan nie. Ryk, selfversekerde Dewald vind die nuwe aankomeling op Kuilvlei oënskynlik nie onweerstaanbaar nie, en sy hom ook nie. Daar is te veel dinge in die weg van ʼn romanse tussen hulle twee. Een struikelblok is Badie . . . Badie – jeugvriend, toegewyde ridder, sjarmante hofmaker. Nell weier om die lasterlike dinge wat van hom gesê word te glo. Daarvoor is haar vurige geaardheid te lojaal. As motorwerktuigkundige het sy ook nie juis tyd vir liefdesspeletjies nie. Maar die rabbedoe leer meer as werktuigkunde gedurende haar stormagtige leerlingskap. Ook van mense en van die liefde.
In Die hart se tweede lente is ʼn gekletterde seekat, ʼn towenaar, twee Duitsers in ʼn koma, ʼn lang, groen, haarlose hond en ʼn twyfelagtige waarsegster maar enkele van die dinge waarmee Klara Verster op haar eerste oorsese vlug as lugwaardin te doen kry. Daarby help dit haar nie veel toe sy uitvind dat die man wie se sportmotor sy op pad lughawe toe gestamp het, haar kaptein op die vlug is nie. Adriaan Kirsten is egter net so oorbluf deur die blondine met die viooltjieblou oë wat net soos sy gewese verloofde lyk, wat hom so te sê voor die kansel laat staan het. ʼn Humoristiese liefdesverhaal wat sommer weer vonk in die lewe sit.
| Author | Ettie Bierman |
|---|---|
| Publisher | Jasmyn |
| Place | Cape Town |
| Year | 2014 |
| ISBN | 9780624071778 |
| Binding | Paperback |
| Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.


