Die Groot Liewe Heksie-storieboek

R70.00
Out of stock
SKU
36123
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Verna Vels se eerste Liewe Heksie-storie is in 1964 oor die Siembamba-kleuterprogram van die S.A.U.K. uitgesaai. Sommer uit die staan-spoor het diê onskuldige, totaal onheksagtige heksie vir haar ‘n stewige plek in die hart van die Afrikaanse kind verower. Televisie het verder tot haar gewildheid bygedra en vandag is Liewe Heksie seker die bekendste kinderboekkaraktertjie in Afrikaans en het sy tienduisende jong bewonderaars. Presies waarin haar bekoring lê, is moeilik om te sê, maar miskien is dit omdat sy so naby aan elke kind staan. Wanneer sy ‘n effens onge-wone woord nie ken nie, wanneer sy iets belangriks vergeet, wanneer sy haar punthoed skaam oor haar oë trek of verleë met haar toon in die grond boor, wanneer sy-teen wil en dank tog iets moeiliks regkry, sien die kind homself in haar en deel hy in haar vreugde of ongeluk. Hierdie versameling bevat sewentien van die oorspronklike stories, met tekeninge deur Dorothy Hill.
More view

You have no items in your shopping cart