Disney se Die Leeukoning

R45.00
Out of stock
SKU
35970
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
By die aanvang van Die Leeukoning word Simba as die pasgebore seun van Koning Mufasa en Koningin Sarabi aan die kykers vertoon. Hy word deur die wyse mandril, Rafiki, gesalf en omhoog bo-op die Leeurots gehou, sodat al die diere van Leeuland hul toekomstige koning kan aanskou. Soos Simba groter word, verander hy in 'n lewendige, weerbarstige en soms selfs 'n verwaande jong welpie, wat glo dat koningskap beteken dat hy van soggens tot saans kan hiet en gebied soos hy luskry. Hy word gekul deur sy oom Scar en hy voel verantwoordelik vir sy pa se dood. Hy vlug en dan beleef hy verskeie avonture op sy pad om uiteindelik weer by sy trop aan te sluit.
More view

You have no items in your shopping cart