Beste Van Eet Vir Volgehoue Energie

R60.00
Out of stock
SKU
21983
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Die nuutste toevoeging tot Suid-Afrika se topverkoper GI-kookreeks. Al hoe meer mense ontdek deesdae die voordele van ’n lae-GI-, laevet eetpatroon. Hierdie manier van eet verseker jou nie net van volgehoue energie, verbeterde konsentrasie en verhoogde stamina nie, maar hou ook die volgende spesifieke gesondheidsvoordele in:

• Verlaagde en bestendige bloedglukosevlakke by diabete

• Makliker permanente gewigsverlies

• Verbeterde konsentrasie by kinders met aandaggebreksindroom (AGS)

• Beter prestasie onder sportmanne en –vroue

• Verlaagde cholesterol en bloeddruk

Gabi en Liesbet het die beste en gewildste resepte uit die Eet vir Volgehoue Energie reeks wat 4 titels insluit saamgestel vir elke dag se lekker eet. Dié gesinsvriendelike resepte sluit lae-GI-weergawes in van gewilde geregte soos Lamsbrijani, ontbytmuffins en selfs kaaskoek – en bewys dat gesonde kos ook smulkos kan wees.

Die volledige inleiding verduidelik presies hoe die Glukemiese Indeks werk en verskaf praktiese riglyne vir lae-GI-, laevet-eetgewoontes vir spesifieke mediese toestande. Die nuttige GI-produklyste is ’n onontbeerlike hulpmiddel om geskikte voedselsoorte en –produkte te identifiseer.

 *As new*

More view