Die A tot Z van Name: Ontdek die Belofte wat Jou Naam Inhou!

R278.00
Out of stock
SKU
35936
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Die A tot Z van name ondersoek die oorsprong en betekenis van meer as 9 000 Suid-Afrikaanse name. Dit lys byna 4 500 name, variante en afleidings van dogters en vroue, en byna 4 600 van seuns en mans in alfabetiese volgorde. Sommige name verwys na: * die omstandighede by geboorte * die dag of tyd van geboorte * die geboorterangorde van die nuweling * die ouers se reaksie op die geboorte * die nuweling se voorkoms of gewenste karakereienskappe. Daar is deesdae 'n sterk neiging om vanne as voorname te gebruik en dikwels word woorde uit ons gewone woordeskat as name gebruik. Die naamskat is verder uitgebrei deur variante van tradisionele name, onafhanklike kort weergawes van tradisionele name en nuutgeskepte name. Daar is ook talle vroulike weergawes van mansname. 'n Naam kan ook verband hou met 'n beroep, kleur, dier of voel; 'n plant, deug, taak of opdrag. Name van beroemde persone is ingesluit sowel as die belofte wat elke naam inhou, met 'n verwante skrifgedeelte. Die volledige indeks maak dit maklik om name op te soek en 'n gedeelte aan die einde van die boek ondersoek die Christelike perspektief op die belangrikheid van name, die name van God en die praktiese toepassing van name op ons lewe. Die A tot Z van name is 'n oorkoepelende, gesaghebbende gids met maklike toegang tot die oorsprong en betekenis van die meeste Suid- Afrikaanse name en die spesiale belofte wat elke naam inhou.
More view

You have no items in your shopping cart