Huisgenoot Buitelugkos

R60.00
Out of stock
SKU
24903
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Kos proe net beter buite, van 'n kampvuur onder die sterre, by 'n piekniek by die rivier, 'n braai op die strand – of selfs net buite in die tuin. Met ons wonderlike weer, sonskyn en pragtige buitelug-omgewings, kom Suid-Afrikaners instinktief buite bymekaar om lekker kos en lekker tye met familie en vriende te deel. Die meer as 200 resepte in Buitelugkos wissel van die meer tradisionele gemarineerde vleis en potjies tot kontemporêre al-fresco-braaiers – en sluit fantastiese idees vir brood, slaai en groentegeregte, asook die allerbelangrike nagereg, in. Die titel sluit ook resepte in vir 'n somerbrunch en lekkernye vir 'n oggendtee saam met vriende. Die boek verseker dat jy die ideale resep vir elke geleentheid sal vind, of jy nou op 'n naweek weg is of op 'n somersdag tuis onthaal, oor die vuur kook of inpak vir stap of piekniek.

More view

You have no items in your shopping cart