Suid-Afrikaanse Kruiegids: 'n Praktiese Gids om Meer as 80 Kruie te Kweek en te Gebruik

R50.00
Out of stock
SKU
8455
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
DIEGENE wat nog nooit verder as dink gevorder het om 'n eie kruietuin te begin nie, sal waarskynlik onmiddellik tot aksie oorgaan wanneer hulle Barbara Hey se nuutste kruiegids onder oë kry. Die Suid-Afrikaanse Kruiegids is nie net mooi uitgegee nie, maar is ook 'n praktiese gids wat in verstaanbare taal vertel en wys hoe om meer as tagtig kruiesoorte te kweek én hoe om dit te gebruik. Dit sluit in: * Die beplanning van 'n kruietuin; * Die voorbereiding van die terrein, die grond en die plante; en * Die voortplanting en versorging van 'n kruietuin. 'n Aantal rate word gegee vir die behandeling van plae en plantsiektes sonder om gif te gebruik. Dit verduidelik ook hoe om jou eie kompos te maak en watter kruie en plante saam geplant kan word. Eweneens word in tabelvorm aangedui watter kruie en geregte bymekaar hoort, terwyl 'n medisinale tabel uiteensit watter kruie vir watter skete en kwale ingespan kan word. Wenke oor die gebruik van kruie as 'n skoonheidsmiddel word ook verskaf. 'n Groot deel van die boek bestaan uit 'n gedetailleerde beskrywing van elke kruiesoort. Dit sluit in sy botaniese naam, oorsprong, gebruike, identifikasie en kweekwyse. By elke plantbeskrywing is 'n duidelike kleur-illustrasie. Barbara Hey, ook bekend as die Kruievrou van Dieprivier, is reeds vyftig jaar met kruie doenig en in haar tuin by The Herb House is meer as 350 soorte kruie. Sy is ook bekend as spreker en om haar boek A Celebration of Herbs for the South African Garden and Home. Volkleur.
More view

You have no items in your shopping cart