Die Boek van Ester

R52.00
Out of stock
SKU
21768
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

As politieke fotojoernalis het Ester Green al met baie verskillende fasette van die lewe in aanraking gekom, en het sy in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Sy is die dogter van Leon Green, ‘n Jood wat as jong man Suid Afrika toe gekom het en later een van die suksesvolste redakteurs van ‘n dagblad in die land geword het. Alles wat sy geleer het en alles waarin sy geglo het, word egter in een aand omvergewerp toe haar ouers buite hulle huis doodgeskiet word deur lede wat ‘n sindikaat wat deur Leon se koerant ondersoek is. Ester pak na die begrafnis haar tasse en trek Londen toe waar sy ‘n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl en haar leefwyse en beplan om nie weer haar voete op die Afrika kontinent te sit nie. Twee jaar nadat sy die land verlaat het, bevind sy haar egter terug in Suid-Afrika vir ‘n mode-artikel wat in die Laeveld geskiet word.

Hier ontmoet sy vir Samuel McGreggor, ‘n veearts van beroep, maar ook betrokke by ‘n verskeidenheid bewaringsorganisasies.Hy is ‘n gewilde spreker by kongresse en is raadgewer vir heelwat regerings- en nie-organisasies oor die onderwerp van bewaring. Hy is uitgesproke teen groot korporasies wat ekologies en humanitêr stompsinnig is en net na die balansstaat van hulle maatskappye kyk en regeringsamptenare wat hulle self verryk deur te maak of hulle nie bewus is van sekere vergrype wat aan die gang is nie. Samuel is onlosmaaklik deel van die kontinent en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak. Wanneer Ester hom leer ken, beskuldig sy hom daarvan dat hy naïef is en nie wil sien dat hy met ‘n hopelose poging besig is nie.

Terselfdertyd fassineer sy geloof in die proses waarmee hy besig is haar en kan sy nie help om haar eie verbondenheid met hierdie land en sy mense te evalueer nie. Haar Joodse herkoms herken en verstaan die onlosmaaklike verbondenheid aan ‘n landstreek wat hard op sy inwoners is. Die pad wat sy moet loop om by aanvaarding uit te kom, is nie so maklik nie en in die proses verklaar sy eers oorlog teen ‘n kontinent en sy mense, haar ouers en broer en teen ‘n man wat nie wil aanvaar dat hy met ‘n verlore saak besig is nie. Maar Afrika is rooi grond word ook nie maklik uit ‘n mens se skoene geskud nie.

More Information
AuthorWilna Adriaanse
PublisherTafelberg
PlaceCape Town
Year2008
ISBN9780624046837
BindingPaperback
ConditionFair
CommentsForward lean; curve in spine.
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.