Duiwelskloof

R60.00
Out of stock
SKU
24292
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

In die ontoeganklike Duiwelskloof in die Swartberge van die Klein Karoo het ‘n verdwaalde groep Voortrekkers onder leiding van die befoeterde patriarg Lukas Hermiet, die Siener, hulle gaan vestig. Vandag, ‘n eeu en ‘n half later, bring ‘n knellende droogte die skrikwekkende gevolge van dié oer-Afrikaanse gemeenskappie se isolasie en inteelt tot ‘n uitbarsting.

Die katalisator is die gehawende joernalis Flip Lochner – ‘n vuil-uil met ‘n mislukte lewe agter hom – wat van buite inkom om die Duiwelskloof se geskiedenis op te skryf en verseil raak tussen die plek se mense, die donker geheim wat die gemeenskap so naarstig probeer bewaar, en al die stories wat hulle daar romdom versin. Oor ‘n man wat sewentien kinders op sy teenstander se graf verwerk het. ‘n Vrou wat met volmaan in ‘n bokooi verander. ‘n Swerwer wat die Duisternis van Egipteland in ‘n boksie teruggebring het. ‘n Man wat deur ‘n swerm voëls hemel toe getrek is. ‘n Meisie met vier borste…

En daar is die mense van vandag: Soon Heilig wat die koolkoppe in hulle verdoemenis in preek. Smeed Smit wat probeer om ‘n nagmerrie te beslaan, Ouma Liesbet Pruim wat met haar trommeltjie op die dak sit en wag dat die Here haar moet kom haal, Hans Toordenaar met sy gevaarlike gawe oor ander se lewens, Tant Poppie Vollemaan met haar rate vir enige iets behalwe die dood, Henta Voorperske met haar swerm nimfies wat saans kaal in die bloekombos dans. En dan die raaiselagtige Emma wie se lewe met Flip Lochner s’n deurmekaar raak, met gevolge wat niemand kon voorsien nie.

Onbeteulde humor, ‘n onheilspellende opbou van bose magte, ‘n wemeling van stories, ‘n allergorie oor die ontstaan van geskiedenis, ‘n hellevaart, ‘n besinning oor die Suid-Afrika van gister en vandag, ‘n beurtelingse makabere en uitbundige spel van die verbeelding…dit alles is Duiwelskloof, wat reeds in verskeie lande bestempel is as André P. Brink se grootste roman tot op hede.

More Information
AuthorAndre P. Brink
PublisherHuman & Rousseau
PlaceCape Town
Year1998
ISBN9780798138796
BindingHardcover
ConditionVery Good
Dustjacket ConditionVery Good
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.