Geur van Vervulling
Vir ‘n sedige man soos Herman Dreyer sien Vivien van Zyl tog regtig nie kans nie. Hy is net ‘n bietjie te goed om waar te wees. Aantreklik, bedaard, met insig en empatie wat sy nie kan droom om ooit te hê nie. As sielkundige is is dit seker sy taak om geduldig na sy kliënte se ellendes te luister, maar vir haar as lewensafrigter (life coach) werk dit nie so nie. Haar kliënte besoek haar om veranderinge in hul lewens teweeg te bring. Maar hoekom is hulle so futloos, so sonder deursettingsvermoë?
As sy vir haarself ‘n nuwe lewe en loopbaan kon opbou na haar egskeiding, hoekom kan hulle nie ook hul drome deurvoer nie? Maar nee, hulle gee liewer moed op – en sy verloor nog ‘n kliënt.
In ‘n mooi huis aan die Weskus kruis haar pad onverwags weer dié van Herman Dreyer. En die man is toe glad nie so vervelig soos hy lyk nie. Inteendeel, daar is vuur in hom wat sy nie vermoed het nie. En daarby kan hy kook, salige kosse waarvan die geure haar laat droom oor ‘n lewe van vervulling en balans.
Maar eers moet sy die spoke van die verlede begrawe. Dit kan haar die respek kos van van die mense wat sy die heel liefste het. En veral die liefde van haar sensitiewe oudste seun. Toe kry die man langs die pad haar aan die arm beet. En niks is daarna meer dieselfde nie.
| Author | Alta Cloete |
|---|---|
| Publisher | Lapa Uitgewers |
| Place | Pretoria |
| Year | 2011 |
| ISBN | 9780799352139 |
| Binding | Paperback |
| Condition | Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.


