Snoeiskêr

R60.00
In stock
Only 1 left
SKU
B-0748
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Die duime is met ’n soort skêr of tang afgesny, en geoordeel na die merke aan die vingerbeentjies, is dieselfde instrument in elke geval gebruik. Moontlik ’n gewone snoeiskêr, net baie skerp. Langs ’n Johannesburgse mynhoop word een van die lyke gekry, in die veld naby die Mosambiekgrens lê nog twee, ’n ander in ’n bloedbespatte kamer van ’n derderangse hotel in Hillbrow, almal met die afgesnyde duime op die bors geplaas. Die misdaadverslaggewer Patricia de Beer begin verbande lê tussen die verskillende gevalle. Is hier ’n reeksmoordenaar aan die werk? Sy praat met haar vriende in die Eenheid vir Geweldmisdaad, en toe supt. Pine Pienaar en sy span agterkom dat daar jare gelede op ’n plaas naby Vrede ’n plaasmoord was waarin ’n vrou se duime afgesny is en op haar bors gelaat is, begin hulle Patricia gelyk gee. Op ’n verlate grondpad in Mpumalanga bring ’n donker man met ligbruin, byna geel oë sy dubbelkajuitbakkie in ’n stofwolk tot stilstand. Hy lees Patricia se artikel oor ’n moordenaar wat sy onversadigbare bloedlus met ’n snoeiskêr bevredig. Hy kyk na haar foto by die artikel, luister ’n ruk na die getik van sy bakkie se warm enjin. Hy draai die aansitter en die bakkie brul. Hy sal haar adres maklik kry. Alle paaie lei na die hel, en soms moet jy duimgooi daarheen. Piet Steyn se spanningsdebuut is ’n vuishou op die krop van die maag. Kru, gewelddadig, kniediep in van die land se somberste werklikhede. Dit is ook geskryf met diepgaande kennis van die karakters wat in hierdie omstandighede leef en sterf, en met ’n meesterlike beheer van spanning en die onverwagse.

*Slight forward lean; Corners a bit bumped*
More Information
AuthorPiet Steyn
PublisherTafelberg
PlaceLondon
Year2008
ISBN9780624046479
BindingPaperback
ConditionGood
CommentsSlight forward lean; Corners a bit bumped
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.