Die reise van Isobelle neem ’n hele eeu, van 1894 tot 1994, in oënskou. Van die Anglo-Boereoorlog met sy konsentrasiekampe, tot die Struggle wat uitloop op ’n nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika. Enersyds bied die skrywer ’n panoramiese blik op groot omwentelinge, andersyds ’n intieme kyk op die persoonlike belewenisse van vier generasies van ’n blanke Afrikaanse familie in Afrika. Veral die hartstogte wat hulle dryf en sin gee aan hul bestaan. By ds. Josias van velde, hartstog vir God, by name die Verbondsgod van die Afrikaner. Daarom is die wit konsentrasiekamptentjie wat hy van dankbare Boervroue in skrynende omstandighede ontvang, vir hom so kosbaar. By sy skoondogter Angens, die hartstog vir die ‘pa’ wat haar weggestuur het uit Brits Oos-Afrika, en wat sy op ’n manier terugvind by die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument. Die erotiese en die opwelling van nasionale gevoel loop vir haar hier saam. Haar dogter, Belle, vind die groot hartstog: ’n passie wat alles oorskry, maar leef haar te pletter teen wette en gesindhede wat harte skei op grond van velkleur. Belle se dogter, Leo, bevry van die houvas van volksleiers se futiele visioene, stry vir ’n regverdiger bestel, en brei so die weg vir ’n voller lewe: die derde Isobelle. Anders as in die tradisionele ‘familieroman’ is die hoofkarakters hier vroue, en dit is juis dié vroulike perspektief wat toon hoe die politiek in persoonlike lyding gestalte kry.
Author | Elsa Joubert |
---|---|
Publisher | Tafelberg |
Place | Cape Town |
Year | 2011 |
ISBN | 9780624053071 |
Binding | Paperback |
Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.