Die Blou Van Onthou
Die Blou van Onthou is 'n wydstromende rivier van 'n roman, 'n boek wat die leser onderdompel en omrol en maal in sy kolke van stemme en geskiedenis en oeroue hunkerings.Die Blou van Onthou is deels 'n Afrikanergeskiedenis, deels die geskiedenis van 'n bepaalde familie. Marita van der Vyver laat jou vir hierdie familie soveel omgee dat hulle geskiedenis ten slotte voel soos jou eie - deur nuwe oë gesien.
Vertel vanuit die perspektief van drie opeenvolgende generasies vroue. Hulle lewe in spanning, tussen weggaan en moet bly, en tussen vergeet en móét onthou, omdat onthou die enigste skakel is wat hulle nog met die oerbron van hul bestaan verbind. Dié skakel in die verhaal word verskaf deur Colette Cronjé, die oudste van die vroue wat as't ware na die oorsprong teruggedwing word wanneer sy uit die bloute van haar kleindogter, Tina, 'n brief ontvang.
Deur dié onverwagse kontak begin Colette onthou, en sy begin vertel, want Tina is op die spoor van die familiegeskiedenis - en onderweg na Portugal, waar alles begin het. 'n Leeftyd lank het Colette dit reggekry om daardie vroeë episode te verdring. Nou word sy gedwing om dit wat sy destyds so jubelend in haar joernaal beskryf het, opnuut in herinnering te roep. Sy word weer gekonfronteer deur Tina se biologiese ma, haar dogter, se desperate verset teen haar herkoms, haar kultuur, die land se politieke bestel. En dit ruk haar terug na die omstandighede wat haar jare gelede alle kontak met haar kleinkind ontneem het.
Wanneer haar ouers kort na mekaar sterf, spoor Tina haar bejaarde ouma op en laat haar vertel: Van Portugal. Van haar dogter, Nina, wie se verset so ver gestrek het dat sy haar kind laat aanneem het en alleen oorsee is om te sterf. En die verhaal wat sy hoor, laat Tina besluit om terug te loop op die spore . . . in die hoop om haar herkoms op sy felste te belig.
Author | Marita Van Der Vyver |
---|---|
Publisher | Tafelberg |
Place | Cape Town |
Year | 2012 |
ISBN | 9780624055181 |
Binding | Paperback |
Condition | Very Good |
Comments | Short closed tear on bottom of third page. |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.