Die Dooies Leef

R45.00
Out of stock
SKU
24742
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Die dooies is nie onder die aarde nie. Hulle is in die geritsel van die bome." Hy kyk verras na haar. "Glo jy ook dat die dooies nooit finaal gesterf het nie?" Sy antwoord nie. Dit is nie waaroor sy vanaand wil gesels nie. Sy is al vir dae besig met die dooies. Sy wil net weer 'n slag perspektief kry. Helder dink.

Hanna Bagiano is in twee verdeel toe sy meegedeel word dat sy dringend na Engeland moet reis. Haar ouma, Maryna Lourens, het gesterf en die prokureursfirma in Londen moet Hanna se identiteit verifieer voordat hulle haar ouma Maryna se boedel kan afhandel. Hanna wou nog altyd reis, maar nou word hierdie reis betaal deur die ouma wat haar as kleinkind ontken en verwerp het. Die ouma wat gesê het sy is nie 'n Lourens nie.

En boonop sit sy met haar ouma Maryna en oumagrootjie, Sophie Lourens, se dagboeke. Toe sy dit begin lees, kom spook die verlede by haar: ou geraamtes klim uit die kas en Hanna kom te staan voor die Lourensvloek wat van nageslag tot nageslag oorgedra word ... Sal sy dit kan vryspring? Of sal die noodlot en die vloek ook haar en haar nageslagte tref?

Alhoewel dit aanvanklik moeilik is, gee Hanna gehoor aan haar ouma se laaste versoek: Sy begin terugloop op die spore van haar voorgeslagte. Sy maak haarself ontvanklik vir die stemme van die verlede met die hoop dat sy die geheime van haar eie verlede sal kan ontsluit. En dalk, net dalk, vind sy self geluk wanneer sy die wense van die wat voor haar was, vervul. 

More view

You have no items in your shopping cart