Die Goudbaronne (Mannheimsage III)

R75.00
Out of stock
SKU
21897-1
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Die vervolmaking van die sianiedproses skep 'n goue era vir Johannesburg. Goud vloei weer en die stad se pioniers werf vir hulle die status van Goudbaronne. Karel, Deborah en Kit is steeds vasgevang in gramskap, verworde liefde en passies wat met die verloop van die jare galsterig raak. Karel se onvermoë om die liefde van sy vrou te herwin maak die lewe vir hom onuithoudbaar. Die oorlog laat diep letsels op Deborah, en haar liefde vir Kit sit in haat om, terwyl hy, steeds hunkerend na Deborah, raak weereens betrokke by die intriges van die Mannheim familie. Victoria Malloy en Kurt Mannheim is egter onaangeraak deur die vete tussen hulle families en raak halsoorkop verlief; met jeugdige bravade durf hulle elke struikelblok aan, maar op die vooraand van die Eerste Wêreldoorlog eis hulle voortvarendheid 'n duur prys... *Corners bumped.*
More view