Eilande
Eilande is nie net 'n boek nie – dis 'n gebeurtenis. Die eerste jare van die Kaapse nedersetting word herroep in sewe grootse taferele uit die lewe van ses historiese manfigure wie se lewens op byna onnaspeurbare maniere in mekaar vervloei. En om wie vloei hulle? Om die wese van 'n vrou, Pieternella in wie se liggaam wit en bruin bloed saamgevloei het tot 'n noodlot. Hierdie sewe mans is almal deur haar aangeraak. Sy is die spilpunt van 'n genadelose geskiedenis van dood, liefde en oorlewing. Die verhaal strek ver en wyd: oor drie oseane, drie vastelande en 'n handvol eilande. Dit loop, soos 'n groot rivier, met geweldige versnellings wat die leser insluk en meevoer. Maar oraloor kom dit ook tot rus in die lewe van gewone mense. Dit beantwoord baie vrae. Hoe ervaar 'n honger inboorling die driemaster wat stadig op die rotse loop reg daar op die lykus waar hy woon?
EILANDE is méér as net 'n boek. Dis 'n magistrale roman, 'n oerteks wat saam met die Dagjoernaal van Jan van Riebeeck gelees behoort te word. Dis eintlik 'n gebeurtenis wat 'n andersmaak bring vir elkeen wat dit onder hande neem.
Maar dis ook 'n helder boek. Dit sê vir jou in die eerste lang paragraaf wat dit gaan doen, en dan doen dit daardie ding. Dit plaas ons geskiedenis, in 'n daad van liefdesbetuiging, in die liggaam van 'n vrou. Daar word dit vasgeknoop, en dan word vertel wat uit dié verbinding voortgekom het.
Sewe stukke lewe is hier ter sprake, almal manslewens wat iewers gewentel het om die bestaan van hierdie vrou in wie se liggaam die wit bloed en die bruin bloed saamgevloei het. Sewe mansmense wie se geskiedenisse byna soos aardplate oor mekaar skuif met dié vrou as swaartepunt.
EILANDE bied 'n soort onuitputlikheid. Dit herroep die woord 'respek'. Respek vir wat verbygegaan het. Respek vir die byna onuitspreeklike woestheid van die mens se verlange tot bestaan, tot erkenning, tot leef op aarde. Maar veral respek vir diegene wat dit opgeteken het, vir die eerlike arbeid wat in so 'n poging opgegaan het.
Author | Dan Sleigh |
---|---|
Publisher | Tafelberg |
Place | Cape Town |
Year | 2004 |
ISBN | 9780624041184 |
Binding | Paperback |
Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.