Soetloop: 'n Roman

R50.00
Out of stock
SKU
21494
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
"Agterbaai: die vroeë dekades van die twintigste eeu. Waar klein Kattie onder die kombuistafel sit, Kat op die skoot, luister sy fyn na die familiestories van haar vele broers en susters oor hoe hul voormense beroof is deur bloedfamilie -- en die gevolglike trauma van armoede, drank en ontberings as ma en pa van mekaar vervreem is. As skoolkind word Kattie uitgeplaas na aansitterige buurfamilie, waar sy 'n handige stuurdingetjie word, beslis nie 'n gelyke nie. Hierna is sy kinderoppasser by die vername Van Aardes in die Swartland, waar sy 'n beter lewe leer ken: musiek, boeke en fyn maniere. Wanneer sy hiervandaan uitvlug na 'n onbesonne huwelik, stap Kattie egter dieselfde onvervulde pad as haar ma, waarteen sy haar lewe lank sal stry"--back cover.
More view