Die Royal Canin Kat-Ensiklopedie

R160.00
Out of stock
SKU
35531
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Baas van die plaas... die dier van die 21ste eeu... "Die kleinste van die katte is on meesterstuk." Só het Leonardo da Vinci, geniale kunstenaar en wetenskaplike sonder gelyke, hartstogtelik verklaar. Daar is geen beter manier om die algemene filosofie agter hierdie boek op te som nie... aangesien dit ons die fynste besonderhede in verband met die uiters bekende diere, katte, laat ontdek, maar ons terselfdertyd nooit toelaat om te vergeet van die misterie waarmee katte ons so bekoor en betower nie. Die Katensiklopedie is 'n omvattende, wetenskaplikgefundeerde kompen- dium wat alles dek: van rasse wat eeue lank al bestaan en van wie die oorsprong al in die vergetelheid versink het tot rasse wat meer onlangs geteel is. Die boek kyk ook na die alomteenwoordige simboliek van katte, die rol wat hulle in die samelewing speel, hulle gedrag, fisiologiese bou, siektes en spesifieke voedingskundige behoeftes. Die werk is onder leiding van Professor Bernard-Marie Paragon en Jean-Pierre Vaissaire, Veeartsenykundige, saamgestel, in samewerking met talle spesia- liste, navorsers aan veeartsenykundige skole in Frankryk en oorsee, en die voedingskundiges by die Navorsingssentrum van Royal Canin in Saint-Nolff, Frankryk. Maar nou ja, ons weet almal dat katte net maak soos hulle lekkerkry, daarom neig hierdie boek wat daarop gemik is om vol wetenskaplike ken- nis te wees almaardeur terug na die skoonheid en die geheimsinnige sjarme wat so eie is aan die kat... die baas van die plaas en die dier van die 21ste eeu.
More view