Jan van Riebeeck en sy Gesin

R84.00
Out of stock
SKU
35122
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Op die Kaapse strandgebied, in die "poffertjeskraam" van die namaak-Culemborg tydens die Drie-Eeuefees in 1952, het dr. Böeseken die gedagte gekry: om al die dokumentêre gegewens en die magdom nuut gepubliseerde feite oor Jan van Riebeeck in één boek saam te vat. Nou het Jan van Riebeeck en sy Gesin verskyn - vir die eerste keer in Afrikaans die volledige verhaal van die stigter van Suid-Afrika. Dr. Böeseken is 'n kenner van Van Riebeeck en sy stigtingswerk, en sy gee hier 'n dieptebeeld van dié merkwaardige man en sy rol in die geskiedenis - van voor sy geboorte tot ná sy dood. Meer as twintig jaar lank het sy op sy spoor gebly en die argiewe in Kaapstad en in Nederland, selfs in Malakka, gefynkam op soek na antwoorde op die vraag: Watter soort mens was Van Riebeeck werklik? Uit die verhaal leer die leser 'n man ken wat nie net taktvol en regverdig kon wees nie, maar ook opvlieënd en koppig; wat deeglik beplan het, en tog voortvarend en impulsief kon handel; wat lank voor enigiemand anders besef het dat hy aan die Kaap werk van blywende betekenis gedoen het; wat nooit tou opgegooi het nie, ondanks die hardnekkige weiering van die Here XVII om hom tot 'n hoër rang te bevorder, en ten spyte van al die verwoestende storms in die vreemde nuwe land. 'n Interessante kentering in sy persoonlikheid kom ook aan die lig. Die eerste vyf jaar aan die Kaap het hy onverpoos geswoeg - in die hoop dat hy met bevordering na die Ooste gestuur sou word. Toe hy besef hy hoop op 'n leë belofte, het hy berus, hom gevestig, begin saai en geoes. Gaandeweg het selfs die inheemse bevolking, wat eers "een brutale hoop" was, sy aandag al hoe meer geboei. Jan van Riebeeck en sy Gesin bevat 'n rykdom van feitemateriaal, toegelig met 40 foto's van mense, plekke, kaarte en handskrifte. Maar in die hande van 'n meester soos dr. Böeseken word die feite 'n aangrypende verhaal van 'n man, sy twee Marias en sy nege kinders in die vreemde. Dis 'n verhaal van moed en ontbering, van siekte en dood, veral van verydeling, maar ook van goeie hoop
More Information
AuthorA. J. Böeseken
PublisherTafelberg-Uitgewers
PlaceCape Town
Year1974
ISBN0624005690
BindingHardcover
ConditionGood
Dustjacket ConditionGood
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.