Majuba: Die Onafhanklikheidsoorlog van die Transvaalse Afrikaners 1880/81

R115.00
Out of stock
SKU
35867
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Die oorwinning by Majuba honderd jaar gelede, op 27 Februarie 1881, was vir die Transvaalse republikeine 'n grootse en betekenisvolle gebeurtenis. Dit was vir hulle die vervulling van 'n heilige gelofte wat in Desember 1880 by Paardekraal afgelê en met 'n klipstapeling bevestig is, naamlik om getrou aan hul land en volk te bly en tot die dood toe vir hul vryheid te stry. - Die slag van Majuba was die hoogtepunt van 'n stryd wat vir die Transvaalse Afrikaners 'n aanvang geneem het toe die Zuid-Afrikaansche Republiek op 12 April 1877 deur Brittanje geannekseer is. Aanvanklik het hulle 'n protesbeweging aan die gang gesit om hul onafhanklikheid op 'n vreedsame wyse te probeer herwin. Dit het misluk, en op 13 Desember 1880 het hulle hulself by Paardekraal onafhanklik verklaar en die voormalige republikeinse regeringsvorm herstel. Drie dae later het die eerste skote van die Onafhanklikheidsoorlog op Potchefstroom geklap. Daarna het vier belangrike gevegte - by Bronkhorstspruit, Laingsnek, Schuinshoogte en Majuba gevolg. Uiteindelik is vrede gesluit en het die Transvalers hul onafhanklikheid teruggekry, al was dit ook onder beperkende voorwaardes. Hierdie vryheidstryd was in 'n groot mate verantwoordelik vir die opkoms van Afrikanernasionalisme, en die nagevolge van die oorlog kan dus selfs in hedendaagse gebeurtenisse in Suid-Afrika nagespeur word. Die stryd tussen Boer en Brit gedurende die jare 1877-1881, maar veral die Onafhanklikheidsoorlog, word in hierdie werkie op 'n verstaanbare, kernagtige maar terselfdertyd onderhoudende trant aangebied. Dit word opgedra aan almal wat meer te wete wil kom van die gebeurtenisse rondom Majuba.
More view

You have no items in your shopping cart