Majuba: Die Onafhanklikheidsoorlog van die Transvaalse Afrikaners 1880/81

R115.00
Out of stock
SKU
35867
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Die oorwinning by Majuba honderd jaar gelede, op 27 Februarie 1881, was vir die Transvaalse republikeine 'n grootse en betekenisvolle gebeurtenis. Dit was vir hulle die vervulling van 'n heilige gelofte wat in Desember 1880 by Paardekraal afgelê en met 'n klipstapeling bevestig is, naamlik om getrou aan hul land en volk te bly en tot die dood toe vir hul vryheid te stry. - Die slag van Majuba was die hoogtepunt van 'n stryd wat vir die Transvaalse Afrikaners 'n aanvang geneem het toe die Zuid-Afrikaansche Republiek op 12 April 1877 deur Brittanje geannekseer is. Aanvanklik het hulle 'n protesbeweging aan die gang gesit om hul onafhanklikheid op 'n vreedsame wyse te probeer herwin. Dit het misluk, en op 13 Desember 1880 het hulle hulself by Paardekraal onafhanklik verklaar en die voormalige republikeinse regeringsvorm herstel. Drie dae later het die eerste skote van die Onafhanklikheidsoorlog op Potchefstroom geklap. Daarna het vier belangrike gevegte - by Bronkhorstspruit, Laingsnek, Schuinshoogte en Majuba gevolg. Uiteindelik is vrede gesluit en het die Transvalers hul onafhanklikheid teruggekry, al was dit ook onder beperkende voorwaardes. Hierdie vryheidstryd was in 'n groot mate verantwoordelik vir die opkoms van Afrikanernasionalisme, en die nagevolge van die oorlog kan dus selfs in hedendaagse gebeurtenisse in Suid-Afrika nagespeur word. Die stryd tussen Boer en Brit gedurende die jare 1877-1881, maar veral die Onafhanklikheidsoorlog, word in hierdie werkie op 'n verstaanbare, kernagtige maar terselfdertyd onderhoudende trant aangebied. Dit word opgedra aan almal wat meer te wete wil kom van die gebeurtenisse rondom Majuba.
More Information
AuthorM C Van Zyl
PublisherHuman & Rosseau
PlaceCape Town
Year1981-01-01
ISBN9780798111126
BindingHardcover
ConditionGood
Dustjacket ConditionGood
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.