Suid-Afrika se Grensoorlog, 1966-1989 (Hersiene uitgawe)

R240.00
Out of stock
SKU
21672
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
’n Kwarteeu nadat die laaste skote in die Grensoorlog geklap het is daar steeds talle mistastings en wanopvattings oor Suid-Afrika se langste oorlog.

Baie mense wonder steeds wie werklik die Grensoorlog gewen het.

Sedert Willem Steenkamp se topverkoper Suid-Afrika se Grensoorlog in 1989 – kort ná die einde van die konflik – gepubliseer is, het die geweerlope afgekoel en die stof en die rook van die slagveld gaan lê.

Gedurende die oorlog is ’n sluier van geheimhouding en ontkenning oor van die gebeure getrek, maar nuwe feite en inligting het intussen aan die lig gekom.

Dié hersiene weergawe van die klassieke boek plaas nuwe feite op die tafel en gee ’n skerpogige terugblik op dié oorlog wat miljoene Suid-Afrikaners, waarvan baie destyds self aan die grens geveg het, nooit sal vergeet nie.

*New*
More view