'n Skatkis vol Lagstories! Amptenare uit die Nasionale Parke vertel

R55.00
Out of stock
SKU
35599
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Hierdie pragtige bundel gaan nie oor grappies of vinnige sêgoedjies nie - dit gaan eerder oor daardie situasies wat alledaags en spontaan tussen mense gebeur en as humoristiese kleinnode bewaar en oorvertel word. Die situasies wat in hierdie boekie vervat is, gaan egter ook nog 'n stukkie verder. Dit is 'n versameling gebeurlikhede wat tussen mense plaasgevind het wat as 'n groot, intieme familie saamleef. Ek verwys natuurlik na die personeel van die Nasionale Parkeraad. Jan Roderigues het reeds heelwat van hulle in sy pragtige bundel, Die Veldwagters Vertel – 78 ware verhale uit ons nasionale parke, aan ons bekendgestel. Hier gee hy 'n paar van die ligte oomblikkies weer - daardie oomblikkies wat ons, wat deel van die familie is, met nostalgiese deernis aanmekaar verbind, maar wat ook ewe groot vermaak aan 'n baie wyer kring kan verskaf. Wat ons in hierdie boek beleef, is niks minder nie as volkskultuur nie en ons vertrou dat lesers net soveel genot daaruit sal put as dié waarom dit gaan en dié wat gelukkig genoeg was om dit met hulle te deel! Jan Roderigues se lekker gemaklike skryfstyl sal ook baie daartoe bydra!

Forward lean; Owner stamp on first page

More view

You have no items in your shopping cart