Die Goue Protea
"Mamma, en Estelle was kaalbene en haar voete was vuil, Mamma, en sy het vir hom weggehardloop.”
Ewe onskuldig het klein Ansie aan die eettafel van die ontmoeting tussen haar suster en Henk Hugo vertel, heeltemal onbewus van die verleentheid wat sy Estelle veroorsaak. Want toe die vreemde seun uit die Kaap so onverwags daar langs die bergstroompie op sy bont perd verskyn, was Estelle meteens pynlik bewus van haar kort rokkie, haar kaal voete, ag sommer alles!
‘n Paar dae later, toe die nuwe skooljaar begin, word daar ‘n uitdaging aan Estelle en die ander Landsdiensmaats gerig: hulle moet die goue protea soek. Die meeste mense dink dat hierdie pragtige protea al uitgeroei is, maar oom Ernst, hul leier, meen dat daar nag ‘n paar op onherbergsame plekke in die Grootwinterberg groei.
Estelle is vuur en vlam oor die voorstel. Sy en haar broers het mos as’t ware in die berg grootgeword. Nou sal daardie Kaapse meneertjie darem sien wat ,,ou plaasmeisies” kan doen.
As ‘n mens egter ampertjies sewentien is, is ‘n ek-sal-jou-wys-speletjie nie meer so interessant as toe jy sewe jaar oud was nie. Dan vind jy, soos Estelle, met pynlike verwondering hoe die lewe eensklaps kan verander. Die goeie maats van die verlede is nie meer dieselfde nie; jou verhouding tot hulle is anders, meer ingewikkeld. Dit is soos oom Wim, die wyse kluisenaar wat alleen in sy berggrot woon, gesê het: Diegene wat begin het om die goue proteas van die lewe te soek, moet soms na die uithoeke van eensaamheid en smart gaan om hulle te vind.
*Minor scuffing on boards; covered in clear loose plastic.*
| Author | Mikro |
|---|---|
| Publisher | Tafelberg |
| Place | Cape Town |
| Year | 1982 |
| ISBN | 0624015211 |
| Binding | Hardcover |
| Condition | Fair |
| Comments | Minor scuffing on boards; covered in clear loose plastic. |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.


