Heidi en haar vriende

R38.00
Out of stock
SKU
35453
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Heidi was ongelukkig in Frankfort. Sy het so erg huis toe verlang dat sy daarvan siek geword het, en toe moes hulle haar terugstuur na haar oupa toe. Nou bly sy weer by hom in sy berghut, en dit gaan goed met haar Al was sy so ongelukkig in Frankfort het sy daar tog goeie vriende gemaak en nou kom kuier hulle by haar. Eers kom die dokter met sy hartseer oor die dood van sy dogtertjie. Hier by Heidi en haar oupa vind hy troos. Wanneer Klara kom kuier, is Peter, Heidi se bokwagter-maatjie, jaloers omdat hy al weer sonder Heidi se geselskap moet klaarkom. In sy woede stoot hy Klara se rystoel teen die berg af. Nou sal sy tog moet huis toe gaan en sal Heidi weer saam met hom die bokke kan gaan oppas. Maar Peter het nie rekening gehou met sy gewete en met Heidi en Klara se deursettingsvermoë nie, en sake verloop heel anders as wat hy gedink het. Heidi en haar vriende volg op Heidi en is 'n vertaling van die beroemde Duitse verhaal wat Johanna Spyri reeds in 1881 geskryf het. Deur die jare het albei boeke steeds hul gewildheid behou.

*DJ rubbed; Pages slightly yellowed*
More view

You have no items in your shopping cart