Die Groter en Beter Moeg-Gesoek Blokraaigids (3de Hersiene Uitgawe)

R70.00
Out of stock
SKU
21694
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Hierdie derde, hersiene uitgawe van die gewilde naslaanbron vir liefhebbers van Afrikaanse blokraaisels is getiteld die Pharos Groter en Beter Moeg-gesoek Blokraaigids. Die nuwe uitgawe bevat sowat 300 bladsye meer as die vorige uitgawe. Dit is volledig herbewerk, en nuwe subkategorieë is ingesluit. Oplossings vir duisende internasionale en plaaslike feite is alfabeties volgens agt temas (een nuut) gerangskik: Bybelkennis, geografie, die kunste, politiek, sport, skoonhede, van alles en nog wat en wetenswaardige feite.

Die gids is in 'n handige formaat, groter gedruk en gebruikersvriendelik, wat daartoe bydra om maklik daardie ontwykende antwoorde op die leidrade in jou Afrikaanse blokraaisel te vind. So, as jy die naam van 'n berg in Brasilië wat met die letter E begin wil weet, of dalk die eerste naam van die sanger wie se van Cochran is, of as die naam van een van die maangode jou ontgaan het, het jy die Pharos Groter en Beter Moeg-gesoek Blokraaigids ​nodig.

More view

You have no items in your shopping cart