Die Ooste teen die Weste: Herodotus se Geskiedenis

R110.00
Out of stock
SKU
35186
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Herodotus, wat dikwels die Vader van die geskiedskrywing genoem word, wou in hierdie werk eintlik die oorloë tussen die Grieke en die Perse beskryf. Hy het egter 'n baie ruim opvatting van die geskiedenis gehad en afgesien van die politieke geskiedenis, gee hy ook 'n oorsig oor die kultuur van die betrokke volke, van Mesopotamië en Klein-Asië tot by Egipte en die stadstate van Griekeland. So het daar 'n skat van waardevolle infor- masie oor die volke van die Oudheid behoue gebly. Verder gee Herodotus ook onvergeetlike pensketse van die groot persoonlikhede van dié tyd soos Kroisos van Lidie, Periandros van Korinte en Themistokles van Athene. Sy geskiedenis eindig met die boeiende beskrywing van die groot inval van Xerxes se leër in Griekeland en die verstommende oorwinning van die Grieke - 'n gebeurtenis wat van beslissende betekenis in die wêreldgeskiedenis was. Hierdie tydlose werk word nou vir die Afrikaanse leser beskikbaar gestel in die vlot en leesbare vertaling van prof. J.P.J. van Rensburg, wat alreeds talle klassieke werke van die Griekse letter- kunde in Afrikaans vertaal het.
More view