Om te Skryf
Hoe leer jy skryf?
Hoe skryf mens oor jouself, oor ander, oor plekke en gebeure of oor idees en oortuigings? Hoe begin jy 'n treffende teks, hoe sluit jy dit af? Mens leer vinnig as jy langs 'n goeie ambagsman gaan staan en mooi loer wat hy doen en die tegnieke wat hy benut in jou eie werk begin toepas. Dit is die lekkerste en vinnigste manier. Hier is 'n boek in Afrikaans wat saamgestel is om jou daarmee te help.
Om te skryf bevat vertalings van bekende Engelse prosa en oorspronklike Afrikaanse tekste, maar die boek gaan nie oor wat die skrywers sê nie - belangrik soos dit mag wees - maar oor die hoe: die tegnieke waardeur hulle hul boodskap helder oordra. Na elke uittreksel, word daar vrae gestel wat die leser help om die woordmeesters se styl, tegniek en vaardighede aan te leer. Inhoud behels persoonlike skryfwerk, die karakterskets en beskrywing, asook meer abstrakte konsepte soos die uiteensetting van 'n argument en 'n poging om ander mense te oortuig. Later volg tegnieke om 'n stuk te begin en te eindig, skryfwerk oor kuns en media en ten slotte 'n afdeling oor die nuanses van individuele styl. Die boek bevat ook 'n woordelys met bondige definisies van terme wat in die oefenvrae in die boek gebruik word.
Die eerste Afrikaanse boek van sy soort vir aspirant skrywers, joernaliste, en enigiemand wat lief is vir literatuur of daarin belangstel om sy skryfvaardighede te verbeter; bevat oor 'n honderd uittreksels uit werk van van die voorste skrywers in die geskiedenis (van Plato tot V.S. Naipaul), asook van die beste skryfwerk uit ons eie literêre en joernalistieke erfenis (van Etienne Leroux tot Dana Snyman); opsigselfstaande afdelings bied lesers buigsaamheid om by enige afdeling te begin; oefeninge maak dit moontlik om toe te pas wat gelees is; vergesel van 'n webwerf met gereelde kompetisies, ens.
Publisher | Van Schaik |
---|---|
Place | Pretoria |
Year | 2022 |
ISBN | 9780627039508 |
Binding | Paperback |
Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.