HONORIS CRUX Ons Dapperes II
"Vir sekondes, so dertig, is ek paniekerig, want ek kan niks hoor van daai slag in my ore nie. Ek is verblind ook, deur die flits, en gewond. Ek ruk my reg en skree oor die radio ons kode, 'Mayday! Mayday! "Skaars is ek oor die skok, of die pyn kom. My bene en goed... die skrapnel en die slag het my vel geskeur, so in my vleis in. Ek het seer, séér. Boeiend-interessant is hierdie boek, opgedra aan almal wat 'n intieme belang by die Bosoorlog het, soos die skrywer se kollega en vriend wie se seun in Operasie Askari gesneuwel het .Nog 'n reeks spanningsverhale uit die ervaringsveld van die Suid- Afrikaanse soldaat-lewensgetroue drama in 'n verteltrent wat rou is van die werklikheid.
Nog 'n reeks spanningsverhale uit die ervaringsveld van die Suid- Afrikaanse soldaat-lewensgetroue drama in 'n verteltrent wat rou is van die werklikheid. Van die operasietafel daar ver in die krygsgebied tot in die siedende golwe van die see, van die kajuit van 'n snelvliegtuig of topper tot by die troepies op die grond word die leser meegevoer en deel hy in die spanning, ook die patos en liefde en leed, van die manne op die grens. Die skrywer, At van Wyk, hoef nie bekend gestel te word nie. Uit sy pen het al baie boeke verskyn. Sy eerste in hierdie reeks, Honoris Crux, Ons Dapperes - Our Brave, het soos soetkoek verkoop en in 'n japtrap twee herdrukke beleef. Wie onthou nie nog die vroeg- oggendse voorlesings daaruit deur Pieter de Bruyn in die SAUK se Monitor-program nie? Dit het weke lank 'n groot luistertal gehad. In hierdie opvolg op daardie boek vertel hy die verhale van nog 'n veertigtal wenners van die Honoris Crux. Hy laat telkens die manne self praat soos hulle die dramas op band aan hom vertel het. Van die verhale lees soos spanningsfiksie, maar dit tref dieper, want dit is die harde werklikheid soos dié van Kloppies en sy makkers op 'n nagtelike sending by Teiken Bravo. Kloppies is aan die woord: "Gods geluk staan ek 'n entjie opsy met my rug na my makkers toe, want 'n geweldige ontploffing bars vlak by hulle "Ek sien net so 'n vuurvlam en die geweld van die slag tol my in die rondte. Toe ek my sinne kry, het ek nie 'n geweer nie. Ek het nie uitrusting nie. My broek is weg weggeskiet. Ek het net my stewels aan, my onderbroek en my hemp. 0, ja, en die magasyne oor my bors, en my radio se kopstuk.
*Tear in DJ spine*Author | At van Wyk |
---|---|
Publisher | Saayman & Weber (Edms) Bpk |
Place | Cape Town |
Year | 1985 |
ISBN | 0797100210 |
Binding | Paperback |
Condition | Good |
Dustjacket Condition | Fair |
Comments | Tear in DJ spine |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.