Huisgenoot Wenresepte: Stap-vir-Stap

R120.00
Out of stock
SKU
20685
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Uiteindelik! Die topverkoper Huisgenoot-Wenresepte reeks is nou ook toegangklik vir nuwe kokke of mense wat sukkel in die kombuis. Nooit weer hoef jy onseker te voel of te wonder oor presies wat die resep nou eintlik bedoel met 'n kookterm nie... Elke stappie van die kosmaakproses is hier duidelik uiteengesit en word volledig verduidelik met volkleurfoto's. Die boek kan met ewe veel vrug deur beginnerkokke, jongmense en selfs kinders gebruik word. Dis sonder tierlantyntjies en sluit resepte in wat 'n wye verskeidenheid van smake sal pas. Elk van die 66 resepte gaan gepaard met foto's wat elke stap, van bestanddele bymekaarkry tot voorbereiding, bak, kook en voorsit volledig toelig. Dis so na aan 'n werklike kookklas as wat jy kan kom sonder om jou eie kombuis te verlaat. Uit die vertroude pen van Carmen Niehaus en met die wye aanklank wat die Huisgenoot naam verskaf, het ons hier verseker 'n voltreffer.
More view

You have no items in your shopping cart