Caeser: Die Galliese Oorlog

R20.00
Out of stock
SKU
35586
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Die Galliese Oorlog is een van Julius Caesar se twee geskiedkundige werke. Die stelselmatige onderwerping van Gallië oor 'n tydperk van sewe jaar (58-52 vC) word in hierdie werk beskryf. Nadat Caesar 'n jaar lank as konsul diens gedoen het, is hy as prokonsul aangestel vir die gebied noord van die Alpe (ongeveer die huidige Frankryk, België en die suidelike deel van Holland). Hy het hierna sewe jaar lank in Gallië oorlog gevoer en al sy wedervaringe in 'n joernaal aangeteken. Hierdie joernaal is later as De Bello Gallica (Aantekeninge oor die oorlog in Gallië) gepubliseer, waarvan hierdie boek 'n Afrikaanse vertaling is. Dit is hoofsaaklik gemik op Latyn-studente wat die oorspronklike teks bestudeer, maar is interessante leesstof vir alle liefhebbers van die antieke geskiedenis.

More view

You have no items in your shopping cart