Daar's 'n Gay Pastoor in My Kop

R40.00
Out of stock
SKU
20082
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Die kontroversiele saak van homoseksualiteit in die kerk word aangespreek in Daars 'n Gay Pastoor in My Kop. Die outeur het langer as 20 jaar geweier om sy homoseksualiteit te aanvaar. As jongman betree hy die huwelik met 'n wonderlike vrou. Hulle het saam 'n dogtertjie en hy word 'n suksesvolle AGS pastoor in Johannesburg. Maar as mens bly hy ontevrede en onvervuld. Die hart van die storie dui hoe sy vrou van hom skei, hy uiteindelik sy homoseksualiteit aanvaar en vrede en geluk vind in sy verhouding met Johan.

Philip is huidiglik die pastoor van Die Kapel in Melville, Johannesburg. Die titel is 'n duidelike maar ook pynlike uitbeelding van die wroeging wat 'n gay man ervaar. Philip dring aan op totale eerlikheid; slegs deur eerlik te wees is hy instaat om die waarheid omtrent sy lewe te aanvaar. Sy oplettendheid sorg vir wonderlike insigte, nie net oor homoseksualiteit nie, maar ook verhoudings, die kerk en geloof. Philip se eerlike en intense soeke na waarheid word oorgedra deur die deurlopende insig wat op elke bladsy te voorskyn kom. 

More view