Die Onaantasbares

R70.00
Out of stock
SKU
21815
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Die hoofkarakter in dié spanningsroman is ’n huurmoordenaar wat deur die media as “Die Sluiper” gedoop word. Hy is ’n Special Ops-veteraan wat deur die Bosoorlog “gekneus” is. Die verhouding tussen hom en sy eertydse kollegas versuur wanneer hy begin vermoed dat hulle hom verraai het. Hy raak verlief op Tessa Mallet, wat later self in die visier van Die Sluiper se voormalige kliënte beland wanneer hulle besluit om van hom ontslae te raak. Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend. Ná ’n uitgerekte herstelproses begin hy jag maak op die groep mense wat agter die moord op Tessa sit. Hofmeyr is ’n vaardige verteller wat lesers op ’n aksiebelaaide avontuurtog neem terwyl die adrenalien teen ’n hoë tempo vloei. 

More view