Dodelike Vroue: Wanneer passie in Bloed Eindig

R64.00
Out of stock
SKU
36101
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Die nuwe titel in Chris Karsten se boeiende Ware Misdaad-reeks volg kort op die hakke van opspraak deur moord en Riller in die raaisel en verskyn gelyktydig met Verlore onskuld - Suid-Afrikaanse kinders wat moor en roof. Die verhale van tien moorde waarby vroue betrokke was, word boeiend vertel. Groot Marico het sy roem grotendeels te danke aan Herman Charles Bosman, maar was ook in die nuus toe ouma Unita Green 'rotgif' op haar minnaar se toebroodjie gestrooi het. Die soel skoonheid Nina Olivier se ongesonde beheptheid met 'n prokureur van George lei uiteindelik tot albei se dood. Toe Marie Krebs se man vir haar wil demonstreer hoe dit moontlik is vir 'n man om sy vrou lief te he en steeds by ander vroue te slaap, loop sake vir hom ernstig skeef. En vir die eerste keer word die volle verhaal van die dood van Oscarwenner Charlize Theron se pa vertel. Die ander stories in die versameling is ewe opspraakwekkend.
More view