Suidpunt Jazz

R30.00
Out of stock
SKU
35317
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Suidpunt-jazz- die alternatiewe Groot Trek-roman. Reg, mense. Julle weet wat oor die Groot Trek in die geskiede- nisboeke staan. Julle't gehoor van die twee gedenktrekke. Julle't selfs die feeswaens op TV gesien. Ná al dié gedoe: lees nou die boek - die Ware Verhaal deur Een Wat Self Daar Was. Piet Retief, alias Libido alias - wel, alias die sogenaamde punk-skrywer André Letoit. En dis nie al nie, liewe leser. In jou hand hou jy boonop die Groot Afrikaanse Roman. 'n Spul literêre jazz wat ons Suidpunt tot in sy fondamente kan skud. Terwyl jy dit lees, word dit deur Letoit geskryf (à la die post-modernistiese idioom, hoe dan anders?) en gebeur daar as 't ware voor jou oë die weirdste dinge. Alles natuurlik in die speels- satiriese teken van die metaroman en demitologisering en ontluister- ing van al wat roer. Maar hoe ook al, jy gaan kennis maak met Timo Bezuidenhout en sy tydmasjien, met die engel Peanuts, met Piet Retief en kie, en 'n verbys- terende stoet ander onwaarskynlike karakters en taferele soos net Letoit hulle kan byeenbring. As jy al ooit gewonder het wat 'n ossewa gemeen het met 'n Casspir, of hoe só min Boere so baie impies kon bedinges, hoe 'n Ware Afrikaner daar uitsien en wat van al Adriaan Nieuwoudt se kubuskoevertjies geword het, of, les bes, wie Eugène Terre'Blanche in sy vorige lewe was - dan is Suidpunt-jazz die roman vir jou. *Pages yellowed; Pencil notes inside*
More view

You have no items in your shopping cart