Ingrid Jonker: Versamelde Werke
Hierdie gewilde en bekende digter se Versamelde Werke sluit in al haar gepubliseerde gedigte (bundels: Ontvlugting, Rook en oker, Kantelson) sowel as jeugwerk, vertalings deur haar, fragmente en opdragte, ’n drama, en haar kortverhale. Dit sluit ook in ’n oorsig van haar lewe en werk deur Jack Cope: “A Crown of Wild Olive”.
Hierdie gewilde en bekende digter se Versamelde Werke sluit in al haar gepubliseerde gedigte (bundels: Ontvlugting, Rook en oker, Kantelson) sowel as jeugwerk, vertalings deur haar, fragmente en opdragte, ’n drama, en haar kortverhale. Dit sluit ook in ’n oorsig van haar lewe en werk deur Jack Cope: “A Crown of Wild Olive”.
Ten tyde van Ingrid Jonker se selfmoord, toe sy haar in die nag van 18 of 19 Julie 1965 verdrink het in die see by Drieankerbaai, Kaapstad, was sy een en dertig jaar oud. Daar het toe nog slegs twee digbundels van haar verskyn: ’n jeugwerk, Ontvlugting (1956), en, na vele vertragings, die veel geprese en bekroonde Rook en Oker in 1963. Na haar dood is ’n derde bundel, Kantelson, uitgegee.
Ingrid Jonker se nalatenskap is klein maar betekenisvol, en het ’n groot invloed op die Afrikaanse digkuns en kultuur gehad. In die dekades sedert haar dood het sy ’n kultusfiguur geword, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Nederland. Van haar gedigte is reeds in meer as twaalf tale vertaal. ’n Versameling gedigte in Engels vertaal deur Jack Cope en William Plomer met die hulp van Laurens van der Post is in Brittanje en Suid-Afrika gepubliseer. In 2007 het ’n nuwe en meer volledige versameling gedigte in Engels verskyn, vertaal deur Antjie Krog en André Brink: Black Butterflies: Selected Poems. Daar is ook reeds verskeie films oor Ingrid Jonker se lewe vrygestel.
Author | Ingrid Jonker |
---|---|
Publisher | Human & Rousseau |
Place | Cape Town |
Year | 2012 |
Edition | Vierde druk |
ISBN | 9780798147316 |
Binding | Hardcover |
Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.