Judaskus

R85.00
Out of stock
SKU
24035
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Menslike beendere word gevind op ’n stortingsterrein, en skielik moet speurder Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede. Gou begin die moorde vinnig op mekaar kom, en tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie se kop aan die swymel het én die enorme posseël-meevaller wat oor sy pad kom weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende skynbaar besig is om sigself uit te roei.

Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos sy kollegas glo nie? Wie kan die verraaier − met die vlymskerp broodmes − in hul midde wees? Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .

More view

You have no items in your shopping cart