Marilyn

R120.00
Out of stock
SKU
24773
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Marilyn is die vervolg op die Vywervrou-trilogie bestaande uit Lira, Mirre en Corali:

Al is sy gelukkiger as ooit in haar lewe noudat sy omring is van haar geliefde vywervroue, weet Marilyn heimlik sy is nie een van hulle nie.  Sy is 'n kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes insleep en verdrink.  Iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het.

Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat haar al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd dat haar gedagtes deesdae aanhoudend terugfoeter na die verlede toe nie.  So ver terug as daardie jaar toe sy en Paul Avenant ontmoet het, en die gevolge daarvan wat uitgeloop het op haar ware annus horribilis.

Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie.  Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het.  Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, hegte vriendskappe met die vywervroue kon smee.

Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val.  Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef 'n mens se sondes haal jou altyd in.  Selfs sondes wat jy nie gepleeg het nie, maar wel 'n aandeel aan gehad het.

As sy maar net in hierdie laaste pylvak van haar lewe soos Edith Piaf kon sê:  "Ek berou niks nie", maar sy kan nie.

More Information
AuthorChanette Paul
PublisherLapa Uitgewers
PlacePretoria
Year2021
ISBN9780639607337
BindingPaperback
ConditionVery Good
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.