Op Soek Na Generaal Mannetjies Mentz
Daar loop gerugte van twee honde en ’n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het. Waar iemand die Kakie-eskorts in die poorte voorlê en wreedaardig straf – maar ook die hensoppers, tot selfs die pakdiere.
Drie Boere loop aan die spits van dié geheime Wraakkommando: die dierlike haaslip Niemann, die geslepe Voss, en hul ontsagwekkende leier, Mannetjies Mentz. Deur hulle kom talle burgers weer vry om voort te veg.
Daar loop gerugte van twee honde en ’n jakkals, gruwelike gediertes, wat snags vreet aan mens en dier in die poorte deur die berge van die Brandwaterkom. Dis waar die Vrystaatse magte futloos aan die Engelse oorgegee het. Waar iemand die Kakie-eskorts in die poorte voorlê en wreedaardig straf – maar ook die hensoppers, tot selfs die pakdiere.
Drie Boere loop aan die spits van dié geheime Wraakkommando: die dierlike haaslip Niemann, die geslepe Voss, en hul ontsagwekkende leier, Mannetjies Mentz. Deur hulle kom talle burgers weer vry om voort te veg.
En in spelonke hoog teen die berg leef Boervroue en –kinders die Anglo-Boereoorlog deur. Ma, die onverbiddelike. Aunt Soph, die roekelose. Ounooi met die groot ore. En aunt Anne, die ontluikende. Hulle plaas het hulle self laat afbrand, en ’n onderlinge verdrag laat gedy hulle daar saam met Jan Witsie en sy half-Basotho, half-Griekwa mense.
Maar dis die verkeerde tyd vir Anne om te blom toe Mentz se burgers die gevange jong Kakie-luitenant daar los – verlief soos sy is, en blind vir die onvermydelike: dat die burgers sal terugkom, en dat hulle bloed sal soek.
En so word nog ’n konflik gebore, want Soph se eie broer, blink Frans Naudé, is deel van daardie Wraakkommando.
Botsing en hartstog, ontrou en lotsverbondenheid tussen Boer en Brit, wit en swart, mens en dier … Die mengsel is ryk en kragtig in hierdie verhaal wat diep en ver loop deur Afrika: tot onder sy skoonste berg, Kilimandjaro, en tot in die skadu van die grootste oorlog, in die middel van die vorige eeu.
Wenner in De Kat/Sanlam se Groot Romanwedstryd (1997)
Eugène Marais-prys (1999)
M-Net-prys (1999)
Author | Christoffel Coetzee |
---|---|
Publisher | Queillerie |
Place | Cape Town |
Year | 1998 |
Edition | Eerste uitgawe, eerste druk |
ISBN | 9781874901945 |
Binding | Hardcover |
Condition | Very Good |
Dustjacket Condition | Very Good |
Comments | Inscription on second page. |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.