Ver Wink die Suiderkruis

R120.00
Out of stock
SKU
8374
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Ver wink die Suiderkruis speel af midde-in die wurgende depressie in 1933 – ses jaar voor die Tweede Wêreldoorlog. Kate is ryk John Woodroffe se dogter en Bernard Neethling is ‘n mynwerker. Haar pa gee opdrag dat Bernard haar oppas terwyl sy navorsing onder die armblankes doen. Hy leer haar hart vlieg, laat ‘n warm vreugde diep in haar oopbreek. Albei weet dat hulle wêrelde onversoenbaar is. Maar Bernard skulp haar toe met sy krag, sy warmte. Hy wil die Suiderkruis vir haar pluk. En dit, weet Kate, sal makliker wees as om hulle liefde te laat blom. Irma Joubert skryf régte mense se stories. Sy fokus op verhoudings tussen geliefdes, gesinslede, familie, vriende, vreemdes, die mens in sy verhouding met die gemeenskap, die natuur, die tyd waarin hy leef. Die skrywer slaag daarin om ‘n tydvak, wat tot dusver in die Afrikaanse letterkunde hoofsaaklik met wroeging gepaard gegaan het, se sjarme en nostalgie vas te vang vir ’n nuwe generasie lesers. Ver wink die Suiderkruis is ‘n heruitgawe en Irma se vierde boek. Vonkpos vir die hart, ’n Beskermengel vir Marlene en Verbode drif het dit voorafgegaan. Tussen stasies is haar vyfde boek en vertel die storie van Gretl, die Duitse weeskind, wat Kate en Bernard se aangenome kind word. Die skrywer was Media 24 se spesialisjoernalis van die jaar in 2005 en was onder die eerste drie finaliste vir die ATKV-prosaprys in 2008 met Tussen stasies. Sy is getroud met Jan en woon in Bloemfontein. Hulle het drie seuns, ‘n pleegdogter, ‘n skoondogter en ‘n kleinkind.
More view