Die Roofvoëlgids van Suider-Afrika

R130.00
Out of stock
SKU
20583
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Die pragboek handel slegs oor die roofvoëls van Suider-Afrika en is in 5 afdelings verdeel. Die afdelings sluit in: algemene biologie, roofvoëlgroepe, spesiebeskrywing, verwarrende voëls en verwysings. Elke roofvoëlgroep, met sy onderskeie spesies, word op sy eie behandel en beskryf met bondige inligting oor afmetings, verspreiding, voorkeurhabitat, kos en status. Op bladsy 9 word die uitleg van die spesiebeskrywings bespreek. Pragtige, duidelik foto’s illustreer die verskille tussen die volwasse, onvolwasse, mannetjie- en die wyfievoëls. Kleursketse en kleurfoto’s beeld die voëls in vlug uit. Die afdeling oor verwarrende voëls lys die beskrywing asook die kenmerke van elke spesie puntsgewys vir maklike verwysing. Baie handig ook is die ou en nuwe “Robert-nommers” wat gegee word. Die boek is maklik verstaanbaar en gebruikersvriendelik. Beide beginners en gesoute voëlkykers sal die boek kan gebruik en geniet.
More view

You have no items in your shopping cart