Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika

R160.00
Out of stock
SKU
21762
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Die titel, geskryf deur 28 van ons voorste kenners, sluit die jongste internasionale navorsing in. Dit begin by die onstaan van die mensdom, vertel dan die storie van die Khoikhoi, slawe en burgers, die groot migrasies van die pre-koloniale tyd en die trek in die binneland in van trekboere en Voortrekkers. Later kom die ontdekking van diamante en goud wat die gang van Suid-Afrika se politiek radikaal verander. Oorlog breek uit in 1899; ook oorloe wat in 1914 en in 1939 in Europa uitbreek laat plaaslik nuwe kragte vry. Die titel vertel van segregasie, politieke organisasie en verset, en uiteindelik die oorgang van 1994 en die vorming van 'n nuwe samelewing met nuwe dinamika. Hiernaas kyk die skrywers ook na breer kulturele strominge, na die deurslaggewende rol van godsdiens en die sending en die sug na onderwys.
More view