Dryfhout

R105.00
Out of stock
SKU
23574
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Die vloek wat Annie Niemand oor haar nasate uitgespreek het, is bloot legende. Of is dit?

Min wetende van wat op haar wag, neem Aengel Rousseau haar intrek in Kieranghut, in een van sewe gerestoureerde vissershuisies. Haar hele lewe deur moes Aengel hoor dat sy onbesonne is – iets wat beslis nie by die ryk Rousseaus se status en beeld pas nie. Ter wille van haar dogter, Lika, het Aengel haar suster Gabrielle en dié se man, Francois, se inmengery en voorskriftelikheid verduur. Maar noudat Lika klaar met matriek en in Frankryk is vir ’n gap-jaar, het Aengel genoeg gehad. Sy wil haar eie lewe lei. Sy wil rustig die dagboeke van haar voorouer Angelique d’Avignon lees. Aengel het egter skaars op Kierangbaai haar intrek geneem, of sy ontdek iets grusaams. 

Een na die ander word Kierangbaai se inwoners vermoor. Roark, eienaar van Kierangbaai, sien alles raak wat op Kierangbaai gebeur. Aengel ontglip nie sy aandag nie. Sy is volgens hom “verloklik genoeg om ’n sugar daddy te hê”, met “rondings waar dit nodig is – suid en noord van die dun middeltjie” en ’n agterstewetjie wat g’n man sal koud laat nie. Maar die pièce de résistance is haar strawberry-blonde hare wat “kronkel en krul tot op haar stuitjie”. Die vonke spat vinnig tussen Roark en Aengel, want die aantrekkingskrag tussen hulle is sterk. 

Maar die wantroue loop net so sterk. 

Amptelik is adjudantoffisier Gys Niemand met verlof, maar ’n tekort aan personeel dwing hom om die saak te neem. Die verdagtes word vinnig meer soos Gys begin uitvis, en boonop is die eerste slagoffer Faantjie se niggie. Faan, wat nou kriminologie studeer, meld hom ongevraag aan om met die ondersoek te help. Gys en Faan smee vir oulaas kragte saam om die moordenaar vas te trek, en sodoende ook die legende van die visvrou van Kruisbaai, wat soos ’n goue draad deur al vyf boeke loop, op te los.

'n Romantiese spanningsroman met 'n paar vurige liefestonele.

Die boeke het sterk vroue-hoofkarakters en in albei speel die romantiese verhaallyn ’n groot rol. 

Die Gys-reeks bestaan uit: SpringgetyFortuin 'n romantiese spanningsroman;BoheemMeetsnoerDryfhout.

More Information
AuthorChanette Paul
PublisherLapa Uitgewers
PlacePretoria
Year2017
ISBN9780799348828
BindingPaperback
ConditionVery Good
CommentsVery slight damage at bottom of spine.
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.