Die Verste Uur

R54.00
Out of stock
SKU
21784
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Jamie van der Merwe is 'n jong eerstejaarstudent wat op die skrywes van 'n vermiste professor, doktor Arnold du Plessis, afkom: sy biografie oor die komponis Rameau, en 'n lang liefdesbrief aan sy vrou. 

Deur die lees van hierdie skrywes ontdek Jamie die geheim waarin die professor se verdwyning gehul is – dat hy vasgevang is in 'n tydreis – en vind die sleutel tot sy bevryding, maar loop dan gevaar om die liefde van sy lewe te verloor. Die storie word aangebied in parallelle narratiewe ('n struktuur wat herinner aan J.M. Coetzee se Diary of a Bad Year), deurdat elke bladsy verdeel word tussen Jamie se storie en die ander tekste: die professor se brief aan sy vrou, die biografie van Rameau, en 'n "Tydlyn van die Nuwe Zuid-Afrikaansche Republiek". 

Laasgenoemde narratief skets in breë trekke 'n alternatiewe geskiedenis van Suid-Afrika nadat die Boere die Anglo-Boereoorlog wen te danke aan Jamie wat per ongeluk so 'n bietjie aan die verloop van die verlede verander. 

Elk van hierdie narratiewe hou verband met die ander, en dwarsdeur die storie bou die spanning op tot 'n opwindende slot waar Jamie in 'n stryd teen tyd gewikkel is om die professor te red.

More view

You have no items in your shopping cart