Brand
Hoë politici sweer saam om Suid-Afrika in ’n diktatorskap te dompel. Die armes het genoeg gehad en kom in opstand. Die land brand. Mense vir wie Thys Krige omgee, kry seer. Iemand moet daarvoor boet. Hierdie keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak. ’n Korrupte president speel in die hand van buitelandse moondhede met imperialistiese ambisies wat ’n voet in die deur soek. Sagte kolonisasie, noem mens dit. Staatskaping noem die media dit. Die tentakels daarvan al so diep in die struktuur van mense in sleutelposte dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie. In sulke gevalle protesteer mense gewoonlik. Hulle kan byvoorbeeld so aggressief gemaak word dat hulle mekaar begin uitroei.
Traangas word gedokter met dwelms wat ten doel het dat mense mekaar te lyf gaan. Grootskaalse chaos maak ’n land onregeerbaar. Dryf die mense se frustrasie tot breekpunt. Sweep hulle teen mekaar op. Maar daar is maniere om hulle stemme stil te kry. In Krige se stryd het drie vroue deel van sy wêreld geword: sy halfsuster, ’n gestremde IT-spesialis en ’n genie wat die donkerweb met die donkerbewuste in die mens se psige in verband bring. Al drie gaan gebuk onder pyn en trauma, soos Krige, en vir al drie ervaar hy iets wat aan liefde gelykgestel kan word.
“Hy voel die wonderlike pyn wegsak, diep in, dieper, dieper, tot dit sag word en tot rus kom op die koue en harde ding in hom.”
| Author | Peet Venter |
|---|---|
| Publisher | Lapa Uitgewers |
| Place | Pretoria |
| Year | 2017 |
| ISBN | 9780799386141 |
| Binding | Paperback |
| Condition | Very Good |
How we describe the condition of our books
We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)
New: Exactly as it says.
As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.
Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.
Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.
Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.
Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.


