Asem

R45.00
Out of stock
SKU
35082
Share
Login to earn BookBucks for sharing!
Barries Barnard haat sy pa. Hy dagdroom gereeld oor die dag wanneer hy wraak gaan neem. Dit is waarvoor hy die pakkie rottegif in sy tas bêre. Nie genoeg om sy pa dood te maak nie. Net genoeg om hom ’n paar dae lank te laat krul van die pyn. Om hom terug te betaal vir al die kere wat hy dronk was. Die kere wat hy hom kleintyd geslaan het. Al die kere wat hulle moes trek. En omdat hy hom en sy ma net so gelos het. Sy pa gaan betaal vir die jare se vernedering. Hy sal betaal met pyn soos hy nog nooit in sy lewe geken het nie. Hy sal leer ’n mens spel “pyn” met ’n y soos ’n tweetandvurk. Maar ’n wilde partytjienag en ’n onderonsie met een van die mees berugte dwelmhandelaars in Gauteng dompel Barries se lewe onverwags in chaos. Hy en sy vriende ry ’n verkeerskonstabel om, terwyl hulle onder die invloed van drank en dwelms is. Skielik lyk dit of al sy pelle en selfs sy meisie teen hom draai. En die polisie gee Barries geen ander keuse nie – as hy uit die tronk wil bly, moet hy ses weke lank op ’n plaas gaan bly, naby ’n Oos-Kaapse kusdorpie in die middel van nêrens. By sy pa. In ’n eenvoudige kliphuis met ’n buitetoilet sonder ’n deur, leer Barries ná twaalf jaar vir die eerste keer sy pa ken. Stadig maar seker besef hy die bottel brandewyn onder die matras is nie die enigste – of die donkerste – geheim wat sy pa wegsteek nie. En toe Barries een nag ’n halfverdrinkte hond red wat tussen die rotse vassit – en in die proses byna self verdrink – is dit die begin van ’n reis na heelword wat hy sukkel-sukkel moet aandurf saam met die man wat hom die heel seerste gemaak het. ’n Reis om vry te word en weer te leer asemhaal. ’n Aangrypende grootwordverhaal oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. ’n Kragtoer van ’n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak. *LAPA Jeugroman kompetisie wenner*
More Information
AuthorJan Vermeulen
PublisherLAPA Publishers
PlacePretoria
Year2016
ISBN9780799379037
BindingPaperback
ConditionAs New
CommentsLAPA Jeugroman kompetisie wenner
0
Rating:
0% of 100
Write Your Own Review
Only registered users can write reviews. Please Sign in or create an account

How we describe the condition of our books

We are very proud of the condition of the books we sell (please read our testimonials to find out more!)

New: Exactly as it says.

As New: Pretty much new but shows small signs of having been read; inside it will be clean without any inscriptions or stamps; might contain a remainder mark.

Very Good: Might have some creases on the spine; no hard cracks; maybe slight forward lean and short inscription inside; perhaps very minor bumping on the corners of the book; inside clean but the page edges might be slightly yellowed.

Good: A few creases on the spine, perhaps a forward lean, bumping on corners or shelfwear; maybe an inscription inside or some shelfwear or a small tear or two on the dustjacket; inside clean but page edges might be somewhat yellowed.

Fair: In overall good condition, might have a severe forward lean to the spine, an inscription, bumping to corners; one or two folds on the covers and yellowed pages; in exceptional cases these books might contain some library stamps and stickers or have neat sticky tape which was used to fix a short, closed tear.

Poor: We rarely sell poor condition books, unless the books are in demand and difficult to find in a better condition. Poor condition books are still perfect for a good read, all pages will be intact and none threatening to fall out; most probably a reading copy only.