Die Wildernis in: Avonture en Ervarings in Verre, Wilde Plekke

R50.00
Out of stock
SKU
21441
Share
Login to earn BookBucks for sharing!

Vir Schalk Theron is die lewe 'n nimmereindigende avontuur.

In Die Wildernis In vertel hy onderhoudend van sy wedervaringe oor die jare in afgelee en dikwels haas onbekombare natuurlike wildernisse - waar tot nog selde besoekers was:

  • Met 'n donkiewaentjie volg hy in die oorlogsjare (1943) die roepstem van die Limpopo

  • Die Wildekus lewer versteekte, onontdekte paradysies op, en die Tsitsikammakus stap (of swem) hy deur van Grootrivier.

  • Op die rug van 'n Basothoponie klim hy teen smal berghange uit op die hoogland van Lesotho.

  • Botswana se Okavangomoerasse word sedert 1968 verskeie male deurkruis - totdat die toename in die plaaslike bevolking en die toeloop van toeriste hom uiteindelik verdryf.

  • In afgelee woestyngebiede ondervind hy die vrede van algehele stilte.

  • Maar dis veral die onuitspreklike skoonheid hoog bo in die Himalajas en diep onder die aarde in die nuwe Kangogrotte wat hom vervul mat vreugde en verwondering.

  • Die Wildernis In is 'n wegwereld-boek. Die leser beleef saam met die skrywer uiteenlopende reise van avontuur en ontdekking in die ongerepte natuur. Deurentyd is daar 'n bewustheid van hoe maklik die brose balans van plant- en dierelewe deur die mens versteur word.

More view

You have no items in your shopping cart